NAMPO Kaap Wo
NAMPO Kaap Wo

Bredasdorp Park 2026-09-09, 08:00

About NAMPO Kaap Wo

🌿 NAMPO Cape 2026 – Showcasing the Future of Agriculture in the Western Cape

Get ready for NAMPO Cape 2026, the Western Cape’s leading agricultural showcase, returning to Bredasdorp Park from 9 to 12 September 2026.

As part of the renowned NAMPO family, this dynamic event brings together the very best of South Africa’s agricultural community – from forward-thinking farmers and innovative agribusinesses to cutting-edge technology providers and passionate entrepreneurs.

Experience a vibrant display of agricultural excellence, featuring:

  • Live machinery demonstrations
  • Livestock exhibits
  • Expert speaker sessions
  • The latest in agri-tech and innovation

Saam Groei Ons – NAMPO Kaap 2026 vier vennootskappe tussen boere, bedrywe en gemeenskappe.

NAMPO Kaap 2026 vind van 9 tot 12 September 2026 by Bredasdorp Park in Bredasdorp plaas en bring boere, landboubesighede, navorsers, diensverskaffers en gemeenskappe uit die hele landbouwaardeketting byeen. Met 600 uitstalruimtes en parkering oor 32 hektaar, sal die ekspo besoekers toegang gee tot meer as 500 maatskappye wat die nuutste landboutegnologie, produkte en innovasies ten toon stel.

Die tema vir 2026, “Saam Groei Ons”, weerspieël die werklikheid dat landbou nie in isolasie kan floreer nie. Die bou van ’n veerkragtige en mededingende sektor berus op sterk vennootskappe tussen boere, landboubesighede, georganiseerde landbou, navorsers, innoveerders, diensverskaffers en plaaslike gemeenskappe. In ’n tyd waarin produsente toenemende druk ervaar, beklemtoon die tema die waarde van samewerking, gedeelde kennis en praktiese ondersteuning regdeur die landbouwaardeketting.

Henk Aggenbach, voorsitter van Bredasdorp Park NPC direksie , het gesê die tema is besonder relevant in die huidige omgewing waarmee landbouprodusente in Suid-Afrika gekonfronteer word. “Dwarsdeur die sektor werk baie ondernemings harder vir kleiner opbrengste. Produksiekoste bly hoog, terwyl swakker kommoditeitspryse produsente steeds onder druk plaas,” het hy gesê.

Lewendehaweprodusente hanteer steeds die impak van bek-en-klouseer, wat finansiële druk verhoog het, die beweging van vee ontwrig het en toegang tot uitvoermarkte beïnvloed het. Daarbenewens het ernstige oorstromings in Mei 2026 wydverspreide infrastruktuurskade oor die Wes-Kaap veroorsaak. Hierdie realiteite beklemtoon hoe blootgestel produsente nie net aan markdruk is nie, maar ook aan diergesondheidsrisiko’s, infrastruktuurtekorte en uiterste weerstoestande.

Teen hierdie agtergrond is “Saam Groei Ons” meer as net ’n tema; dit is ’n praktiese stelling van hoe die landbousektor vorentoe beweeg. Groei in die huidige omgewing berus op samewerking tussen boere, georganiseerde landbou, landboubesighede, navorsers, regering, finansiers, innoveerders en die gemeenskappe wat die sektor ondersteun. NAMPO Kaap 2026 sal ’n platform vir hierdie uitruiling skep deur sessies van georganiseerde landbou in die Santam Ouditorium, waar verteenwoordigers van die Rooivleis Produsente Organisasie, Melk Produsente Organisasie, Vinpro en Graan SA sektorprioriteite, uitdagings en oplossings sal bespreek. Besoekers sal ook met insigte en innovasie kan skakel deur die gewilde Nation in Conversation, Food for Mzansi-gesprekke, die Ikusasa Water Wise Centre en die Protected Vegetable Production Seminar.

Ruiterprogram sal besoekers vermaak

Die ruiterprogram in die Western Cape Lubricants Arena sal gewilde aantreklikhede insluit, onder meer die Suid-Afrikaanse Lipizzaners, bekend vir hul gechoreografeerde vertonings en presisie-ruiterskap. Besoekers kan ook uitsien na demonstrasies deur Griffins Perde-boogskut, waar ruiters spoed, vaardigheid en akkuraatheid toon terwyl hulle teikens te perd skiet.

Mounted Games, dikwels beskryf as die tienkamp van die perdesport, sal nog opwinding tot die program toevoeg. Die dissipline kombineer spoed, ratsheid en presisie terwyl ruiters skerp draaie, vinnige oorhandigings en komplekse hindernisse met uitsonderlike beheer aanpak.

Werkhonde en rashondvertonings

Namate tegnologie al meer in die landbou geïntegreer word, bly werkhonde hul waarde op plase en in gespesialiseerde dienste bewys. Besoekers sal kan sien hoe goed opgeleide skaaphonde help met doeltreffende, lae-stres hantering van vee, terwyl die Suid-Afrikaanse Lugmaghonde hul dissipline, ratsheid en vaardigheid ten toon sal stel. Die ekspo sal ook die kenmerkende Suid-Afrikaanse Boerboel in ’n toegewyde rasvertoning vier.

Pluimvee kraai koning

Hoewel daar geen lewendige beeste, skape of bokke in die Land Bank Veetent sal wees nie, sal telersgenootskappe op hul pos wees om hul kundigheid met besoekers te deel. Die 2026-geleentheid sal ’n uitgebreide pluimvee-uitstalling aanbied, met ’n verskeidenheid rasse wat aan die pluimveeskou deelneem. Daarbenewens sal die BKB Veesentrum vanjaar as uitstalruimte gebruik word, wat nóg meer vir besoekers bied om te beleef.

Vroue-program bied inspirasie en vermaak

Die Vrouetent is vanjaar uitgebrei om nóg meer besoekers te verwelkom. Die program bied ’n keur van inspirasie, uitstekende kos, geloof, musiek en boeiende gesprekke, met optredes en bydraes deur gewilde kunstenaars en persoonlikhede, waaronder Mel die Storieverteller, Brendan Peyper, Franna Benade en Willem Botha.

Vir NAMPO Kaap 2026 weerspieël die tema beide die realiteite van die huidige tydsgewrig en die gees wat vir die toekoms nodig is: veerkragtigheid word gesamentlik gebou, en volhoubare landbouvooruitgang berus op ’n bedryf wat kennis, geleenthede en oplossings deel.

 

Besoekerinligting

Kaartjies vir NAMPO Kaap 2026 sal vanaf 1 Julie 2026 aanlyn via die bestaande kaartjieplatform beskikbaar wees. Kaartjies sal nie dagspesifiek wees nie en kan op enige van die vier dae gebruik word.

·                     R110 per adult (online)

·                     R120 per adult (at the gate)

·                     R60 per child (at the gate only)

·                     Free entry for preschool children

Ekspo-ure

·                     09 - 11 September: 8am to 5pm

·                     12 September: 8am to 2pm

Akkommodasie-inligting

·                     Cape Agulhas Tourism Office: 028 424 2584 / 082 896 2225 www.overberg-info.co.za

·                     Tented Accommodation at Bredasdorp Park admin@antoinetteevents.co.za

Location

Bredasdorp Park: Nooitgedacht Road, Bredasdorp, 7280, South Africa

Book Now

Available Tickets:

Seat Category From To
Algemene Toegang R 110.00 R 110.00