kykNET Buite Ekspo SAT
ATKV Amfiteater 2026-09-26, 09:00
About kykNET Buite Ekspo SAT
Die kykNET Buite Ekspo word baie suksesvol aangebied sedert 2011 in Limpopo, die Wes Kaap, Suid Kaap asook meer onlangs was die eerste Namibie geleentheid ook suksesvol aangebied! Dit is primêr ‘n buitelewe produk ekspo wat die heel nuutste produkte uitstal in die 4x4, kampering en buitelewe bedryf en wat in ‘n formaat aangebied word vir die hele familie, oud en jonk. Uitstallers stal hul produkte uit soos wat dit in werklike omstandighede gebruik sal word in ‘n veilige plaas atmosfeer en daar is talle opwindende aktiwiteite wat aangebied word (mits die terrein dit toelaat) by hierdie geleentheid – of jy nou 8 of 80 is! Kindervermaak, pretpark, 4X4- en adrenalien ervarings saam met ervare bestuurders van puik handelsmerke, braai kompetisies, helikopter ritte, kunstenaars wat optree, feeskos, wyntuin, biertuin en kroeë.
Location
ATKV Amfiteater: Majuba Avenue, Hartenbo, 6520, South Africa
Book Now
Available Tickets:
| Seat Category | From | To |
|---|---|---|
| General Admit | R 70.00 | R 120.00 |